Dunamis Bedieninge
 Hand.1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom
Tuis      Boodskappe
Print this pageAdd to Favorite
 

Ek Sal Nie Wankel Nie

Ps 16:8 Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

Hoe maklik is dit nie vandag om te begin wankelrig raak nie. Omstandighede in die lewe vandag is moeilik en as beproewing toeslaan op ons lewens, is dit maklik om moed op te gee. Dan slaan ongeloof sy tande diep in en ons verloor perspektief.

Dit is nie maklik om te sê, ek sal nie wankel nie en net iemand wat die pad gestap het en 'n ware kind van die Here is, sal daarvan kan getuig. As die storms woedend om jou slaan en die aanslae van siekte, werkloosheid, finansies ontstuimig teen jou vasslaan en jy kan sê, ek sal nie wankel nie, want ek stel die Here altyddeur voor my omdat Hy aan my regterhand is. Dit is om die woord van God te vat en onvoorwaardelik te glo in Sy wonderwerkende hand. U sien, om te sê ek glo en dit prakties toe te pas op jou lewe, vat onvoorwaardelik geloof in die werking van die Heilige Gees en die krag wat ons ontvang van Jesus Christus.

As jy vandag twyfel, dan het jy nodig om Jesus Christus as verlosser en saligmaker aan te neem. U het nodig om die stem van God te hoor deur Sy Heilige Gees en u kan dit net ontvang as u kind van die Here is.

Wanneer u kind van God is en u Sy tempel is, dan behoort jy aan die Here. Jou liggaam is nou Syne, Sy Gees woon nou in jou, en jy kan nie meer daarmee maak wat jy wil nie.

1Kor 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? :20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

As kind van die Here is jy nou 'n erfgenaam en mede erfgenaam saam met Jesus Christus aan die die Koningkryk van God. Alles wat Syne is, is ook joune, selfs al die beloftes in die woord is vir ons daar om op te staan. Die Here sê vir ons om Hom te herinner aan Sy beloftes. Sy woord is vir ons die handboek waarvolgens ons moet lewe. Jos 1:8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

Hy sal altyd daar wees om jou deur te dra in alle omstandighede. Hy sal altyd by jou wees en jou nooit alleen los nie en jy hoef vir niks bang te wees nie.

Deut 31:8 En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.

Hy bemoedig ons in die volgende skrif gedeelte om nie moed te verloor en moeg te word nie. Jy hoef ook vir niks bang te wees nie, want Hy is altyd by jou, saam met jou en Hy lewe in jou.

Deut 31:6 Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

Omdat die aanslae baie keer geweldig teen ons is, word ons moeg en dan voel ons swak. Ons is dan geneig om na te laat om met God te praat. Ons is so moeg en bekommerd dat ons net wil slaap en besluit dan om maar later te bid. Die duiwel is besig om van jou te steel geliefdes en hy weet wanneer jy op jou laagte punt is.

1Pet 5:7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. :8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

Ek wil nou afsluit en 'n beroep doen op jou. Moenie die duiwel 'n plek gee in jou lewe nie. Moet asb nie jouself bevind in 'n plek of omstandighede waar hy rond beweeg nie. Daar is plekke wat vir ons reg lyk, maar die duiwel verblind ons deur valse leringe.

Matt 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Vader, dit is my gebed dat elkeen wat hierdie gedeelte lees deur u Heilige Gees aangeraak sal word en dat hulle U sal aanroep in hul omstandighede. Ek weet dat u nooit kan terugkeer op U woord nie en daarom kan ek U vertrou om ook elkeen wat hier lees aan te raak deur U wonderwerkende hand. Versterk elkeen en gee hulle krag deur U Heilige Gees wat oor hulle sal kom.
Amen

 

------------------------------------------

Krag Wat Alles Oortref

Eff 3:13 Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer. :14 Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, :15 van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, :16 dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, :17 sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, :18 en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, :19 en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. :20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, :21 aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

As daar een persoon was wat vir ons 'n voorbeeld is van geloof in die krag van God, dan is dit, Paulus. In hierdie skrif bevestig hy vir ons die totale afhanklikheid van God deur Jesus Christus en hoe Ons totale krag ontvang deur die Hoilige Gees.

Wanner ek my hart aan die Here gee en Hom volkome aanneem as verlosser en Saligmaker van my lewe, kan niks of niemand enige krag oor my hê nie. Ek kan nou in staat wees om in volle beheer van my lewete wees deur Sy heilige Gees krag wat nou my lewe oorheers.

Daar mag soms tye kom wat dit nie enigsins lyk of ek in beheer is nie en dat alles teen my gedraai het.

Dan kom die groot waarheid tot my en ek besef dat God my lewe beheer, dat ek al my vertroue in Hom stel om my die wysheid en die kennis te gee wat ek nodig mag hê, om elke situasie te kan hanteer, deur my geloof en die krag deur Sy Heilige Gees, wat Hy my gee. Ek lewe mos nou in die lig en nie meer in die duister nie. Hy is mos immers die een wat in en deur my werk, deur alles wat in en om my aangaan.

Daar is niks wat die kalmte en rus in my siel kan versteur nie, omdat ek deur Sy krag wat deur die Heilige Gees, in my teenwoordig is, kan bepaal wat ek dink, glo en doen. As kind van God, het Hy aan my die vermoë gegeeom my gedagtes te omskep vanuit die duister tot in die lig. Jy kan dit egter, net regkry, wanneer jy deur jou innelike krag, wat deur God in jou bewerk is deur Sy Helige Gees, kan gebruik. Dit is wanneer ek nie meer self weet wat om te doen nie, dat Hy wat jou hart oorheers met Sy krag, jou kan help. Hy is daar waar Hy deur Sy onuitputlike liefde, krag en lig kan verkwik na jou gees, siel en liggaam. Jy is dus 'n sterk kind van die Here, en die vreugde en blydskap wat net Hy jou kan gee, is vir ewig in jou deur Sy Heilige Gees.

Bid saam met my; Liefdevolle Vader, wat 'n vreude om te weet, dat ons u troon kan nader in die lieflike kragtige naam van Jesus. Daar is 'n opgewondenheid in my omdat u Heilige Gees in my woon, U my krag gee en my instaat stel om alles te oorwin deur Jesus Christus, en dat niks of niemand meer enige krag oor my het nie, in Jesus Naam dank ek U. Amen

Fil. 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

 

 

Ons hou Sondae om 09h00 dienste te Canaan Gemeente Byenespoort.

Ons nooi u hartlik uit om ons dienste by te woon.

 
 
Die Here praat met jou ook !

1Sam 3:1 En die seun Samuel het die HERE gedien voor Eli, en die woord van die HERE was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie. :2 In dié tyd dan terwyl Eli op sy plek lê en slaap—sy oë het al begin swak word, sodat hy nie kon sien nie— :3 toe die lamp van God nog nie doodgegaan het nie, en Samuel lê en slaap in die tempel van die HERE waar die ark van God was, :4 het die HERE na Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek. :5 Daarop loop hy na Eli en sê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie; gaan slaap maar weer. Hy het toe geloop en gaan lê. :6 Verder het die HERE Samuel weer geroep, en Samuel het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer. :7 Maar Samuel het die HERE nog nie geken nie; ook was die woord van die HERE nog nie aan hom geopenbaar nie. :8 En die HERE het Samuel weer geroep vir die derde maal; en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe merk Eli dat die HERE die seun geroep het. :9 Daarom het Eli vir Samuel gesê: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, HERE, want u kneg hoor. Toe het Samuel geloop en op sy plek gaan lê. :10 Toe het die HERE gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.

Daar is vandag so baie mense wat sê dat God nie met my en jou in die lewe vandag kan praat nie. Daar is selfs predikers wat daarop roem dat die Here net aan hulle die ondeurgrondelike dinge bekend maak. Ons vind dan ook dat baie mense agter die profete aan hardloop om antwoorde en profesieë vir hulle toekoms te probeer vind en dan geweldig ontnugter word wanneer dinge nie realiseer nie. Baie mense het al, al hul besittings verloor as gevolg van profisieë en dan is hulle kwaad en ongelukkig daaroor.

Dit is egter baie ver verwyder van die waarheid af. Ons dien 'n wonderlike groot magtige God wat elkeen van ons liefhet soos ons is en Hy hou die blou druk vir jou hele lewe in sy hande. Hy het jou lewenspad al voor jou geboorte belan en uitgelê. Hy weet waar Hy jou wil hê en jy sal daar kom maak nie saak wat jy as mens beplan nie.

In ons gelese gedeelte sien ons dan ook baie duidelik hoe dat God met Sameul probeer praat. Hy wil aan Sameul die ondeurgrondelike dinge bekend maak. Hy wil Sameul gebruik om Sy doel te bereik. Sameul het as jongman nie mooi besef wat aangaan nie. Toe God na hom roep eht hy nie die stem van die Her herken nie, want hy het nog nie die stem van die Here geken nie. Hy het wel geweet dat daar 'n God is en dat hy die Here moet aanbid. Sameul het van kleins af geleer van God,maar het nog nie 'n verhouding met Hom gehad nie en het dus nie geweet hoe Sy stem klink nie.

U sien, ons kan net iemand se stem herken as ons daagliks met so 'n persoon in gesprek is. Hoe meer jy met iemand praat hoe makliker herken jy die stem.

Ons verhouding met die Here moet ook so wees. Ons moet daagliks met Hom praat en as Hy met ons begin terug praat herken ons Sy stem. Hoe intiemer ons verhouding met die Here raak hoe meer begin Hy met ons praat. Ons sal ook meer Geestelik volwasse raak na mate ons intieme verhouding met God groei.

Die Here het geweet dat Hy Sameul kan vertrou met so 'n geweldige daad. Hy het ook besef dat Sameul 'n man van sy woord is en dat hy 'n man is met groot integriteit. Ek glo nie Sameul het besef wat 'n geweldige openbaring die Here aan Hom gemaak het nie. Die Here het egter geweet Hy kan Sameul vertrou.

Ons vind in die lewe vandag dat daar predikers is wat dink dat hulle die enigste mense is wat uitverkore is om die stem van die Here te hoor. Baie dink dat die Here net aan hulle ondeurgrondelike dinge bekenk sal maak. Ons sien hier in die gelese gedeelte dat die Here 'n jong man gebruik. Hy kon ander skrifgeleerdes gebruik het of self Apostels of profete, maar Hy gebruik Sameul. Jy kan ook deur die Here gebruik word.

Dit het tyd geraak geliefdes, dat ons meer en meer die aangesig van die Here sal moet soek. Ons sal ons verhouding met die lewende God moet verbeter en meer en meer Sy teenwoordigheid nmoet soek. Ons is in tye waaar ons duidelik sal moet kan onderskei wie met ons praat. Ken jy al die stem van die Here?

Ons gaan in die tye wat kom sien hoe dat groot predikers se einde aanbreek en dan gaan baie wonder hoekom dan so iemand. Baie mense gaan dan wonder of dit werklik die waarheid is dat God nog wonderwerke doen. Ons het gesien hoedat wonderwerke deur predikers gedoen is en as hulle self deur siekte te sterwe kom, word daar getwyfel of daar werklik wonderwerke is, want hoekom sterf so iemand dan.

Ek wil vandag vir u verseker daar is 'n magtige God wat gereed staan om wonderwerke deur ons te doen, ons moet net pasop dat ons nie 'n grootheids waan ontwikkel en dink dat dit ons is wat die wonderwerke verrig. Dit is God wat ons net as instrument gebruik. Die Here het samuel as instrument gebruik omdat Hy geweet het Samuel sal nie groot kop kry en dink hy is die belangrikste persoon nie.

Dit is geweldig belangrik dat ons getrou en nederig sal bly voor die Here en dat ons integriteit ongeskonde voor die troon van die Here sal bly. Geliefdes, ons moet baie mooi verstaan en besef, dat ons hele lewe, ons alles, ons hele lewens bestaan net genade is. Die feit dat jy hierdie boodskap kan lees, asem haal jou hande en voete kan gebruik, dat jy kan hoor en sien, dat jy kan voel en loop, ja alles, is 'n onuitputbare bron van groot genade.

Deur Sy genade sal jy triomfeer in oorwinning en sal Hy ook met jou praat.

Kom ons bly nederig voor Sy aangesig en roep Hom aan sodat Hy ons sal antwoord en die ondeurgrondelike dinge aan ons bekend sal maak.

Jer 33:1 Verder het die woord van die HERE vir die tweede keer tot Jeremia gekom, terwyl hy nog opgesluit was in die voorhof van bewaking, en gesê: :2 So spreek die HERE wat dit doen, die HERE wat dit formeer om dit te bevestig, HERE is sy Naam: :3 Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

Jer 33:12 So spreek die HERE van die leërskare: In hierdie plek wat woes is, sonder mens of dier, en in al die stede daarvan sal weer ‘n weiveld vir die herders wees wat troppe kleinvee laat lê en rus. :13 In die stede van die Gebergte, in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland en in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda sal die troppe kleinvee weer by die teller verbygaan, sê die HERE. :14 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda.

-----------------------------------------------
 
Beklee jou met Christus.

Rom 13:11 En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. 12 Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. 13 Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. 14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Ons is in die laaste snikke van hierdie jaar. Die einde is vinnig besig om nader te sluip. Die feestgety lê voor en allerhande verskillende versoskings gaan oor ons pad kom. Dit is beslis so dat die feesgety gepaard gaan met partytjies en vrolikhede wat ons lewens as kinders van die Here kan beinvloed. Die woorde van Paulus is kom dan ook baie duidelik tot ons. Hy sê baie duidelik vir ons, dat ons die werke van die duisternis moet aflê, want u sien, mense vang baie onbesonne en onwettighede aan in die hoop dat hulle nie uitgevang sal word nie.

Uit ondervinding weet ons dat dit juis in die donker is wat al die duister dinge gebeur. Uit die Woord van God leer ons dan ook dat die dief in die nag sal kom om te steel en te verwoes, daarom dan, dat Paulus soveel klem lê op die nag.

Ons sien daagliks hoe mense se lewens verwoes word deur mense wat in hul dronkenskap in hul motors klim en dan in hul roekeloosheid ongelukke veroorsaak waarin onskuldige mense met hul lewens moet boet, dit oor die selsugtige en sondige optrede van 'n persoon onder die invloed van drank. In ons gelese gedeelte waarsku Paulus baie uitdruklik teen dronkenskap.

Die lewe met sy onwelvoeglike luste is ook al hoe meer alledaags en word as onskuldige pret voorgehou. Ons lees al hoe meer van mense wat sterf aan die geweldige hoë besmetting van vigs. Dit is selfs nog meer skokkend om te lees dat mense dink dat dit nie met hulle kan gebeur nie. Ons het dan ook die voorbeeld van mense in ons regering wat dit probeer af maak deur 'n stort te neem. Al hierdie dinge gebeur omdat mense in ontug en ongebondenheid wil lewe. Geliefdes, dit beinvloed nie net een persoon nie, maar almal wat rondom ons lewe. Dit is skandelik om te sien hoe plekke van plesier waar onsedelikhede plaasvind geadverteer word as onskuldige pret.

Ek wil u aandag vestig op die koerante en nuus wat daagliks aankondig hoedat geweld tussen ons plaasvind. Ons het die afgelope tyd van verskeie moorde gehoor, waar mense vir iets onbenulligs doodgemaak is. Om nie eers te praat van die geweldige gesins geweld wat aan die toeneem is nie, en dit oor twis en nydigheid wat lewens oorheers, wat ons as alledaags beskou. Op die een of ander wyse word ons lewens beinvloed deur al hierdie slegte invloed en die vraag wat onwillekeurig gevra kan word is, waar gaan dit alles eindig.

Die probleem geliefdes, dit begin altyd by 'n onskuldige versoeking wat vir ons as alledaags voorgehou word. "Drink 'n glasie wyn, daar is niks mee verkeerd nie, want Jesus het dan water in wyn verander, Hy sal jou nie verkwalik nie, dit is feestyd". Dit is juis in hierdie tye wat ons moet waaksaam wees en ons toegewyde gebedslewe en wandel met God deur sy Heilige Gees, ons sal deur dra wanneer die versoeking na ons kant toe kom.

Mat 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Ek vind dit dan ook wonderbaarlik dat mense hulle slegte en sondige natuur probeer regverdig deur te sê, dit staan nie in die woord nie. Dit is juis die misbruik van drank wat juis so geregverdig word. Mense vergeet egter baie maklik, dat dit juis deur die gebruik van drank is wat sonde oor jou pad kom.

Geliefdes, dit is nou die tyd om die sondige natuur af te skud en daarvan ontslae te raak. Dit is 'n voldonge feit, dat jy nie kan aan beweeg as jy nie eers van die ou mens vol sonde ontslae geraak het, deur dit te begrawe nie. Hy sal aan jou bly vasklou totdat jy hom afgeskud en begrawe het nie.

Rom 6:1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

Kom onsstel ons self in diens van God as mense wat dood was, maar wat weer lewend gemaak is. Kom ons weier dat die ou mens weer 'n houvas kry op ons lewens. laat ons werktuie word van die geregtigheid in diens van God.

Rom 6:12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. 13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

Geliefdes, kom ons begin vandag om ons te beklee met Christus, m.a.w kom ons maak ons lewe vol van die Gees van God, ons trek Christus aan ons vas sodat Hy alles in ons lewe beheer en oorheers. kom osn lewe so, dat die vrug van die Gees uit ons sal straal en dat ons lewe sal getuig van die teenwoordigheid van Jesus Christus in ons lewe. Nou is die tyd om voorsorg te tref teen die geweldige aanvalle van die vleeslike begeerlikhede wat daagliks daar is.

Daar is so baie dinge in die lewe wat dit die moeite werd maak om te leef. kom ons laat die heilige Gees toeom ons te lei in Gees en in waarheid.

Beklee jou nou met Jesus Christus, vou jou toe in Sy liefde en genade.

Wonderlik Vader, hoe wonderlik om vandag U troon te kan nader in die wonderlike lewende naam van Jesus. Dankie dat ons vry gekoop is deur deur die bloed van Jesus en dat ons sondige natuur skoon gewas is met Sy bloed.Baie dankie dat U ons sal help om deur U Gees van vandag af te bly lewe en dat ons ons sal toevou in die arms van Jesus om ons te beskerm teen die aanvalle. Dankie dat U ons ook deur U Gees sal lei van hierdie oomblik af. In Jesus naam dank ek u. Amen.

Gal 5:16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

 
--------------------------------------------------
 
Vrees, Depressie, Angs ... Wat Nog..! ! ! ! ?
 
Mark 11:22 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.  11:23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see—en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur—hy sal verkry net wat hy sê.  11:24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.  11:25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.  11:26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

In die tye waarin ons leef vier vrees, angs en depressie hoogty in ons land.
Ons sien en hoor daagliks van mense wat hulle werk verloor. Niemand is in ons land meer seker of hy of sy nog môre 'n werk gaan hê nie. Dit is 'n voldonge feit dat besighede al hoe meer swaar gebuk gaan onder die swak ekonomie en ander redes.

Baie gou bevind ek my self in die possisie waar ek die hele tyd oor die moeilikhede dink en al my gedagtes daarop vestig. As dit sleg gaan in die besigheid of by die werk, top ek die hele tyd daaroor. Ek wil jou eending verseker. jy word wat jy die meeste oor dink. Spr 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

Daar is egter goeie nuus vir elkeen van ons. Dit het tyd geraak dat ons, ons denke moet begin verander. Ons ken tog sekerlik almal die verhaal van Job. Hy het 'n baie groot ding gesê, lees hier.!
Job 3:25 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.  3:26 Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!

Ag nee wat ! Kom ons stop hierdie gat van self bejammering nou toe. Ek wil vry wees van al hierdie negatiewe dinge en ophou om dit te vertroetel. Kom ek en jy sê; Ek gaan nie meer daaroor dink nie en volg die raad wat Paulus wat sê dat, ons die dinge van daar bo moet bedink. Kol 3:2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Bou jou self op met positiewe gedagtes en moet nie ophou om jouself te bemoedig nie en plaas al jou hoop op die Here. Moet nie toelaat dat negatiewe gedates jou hoop en verwagting kom steel nie. 
Fil 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.  4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.  4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.  4:9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
Dit is baie belangrik dat u mooi moet verstaan, dat is niemand wat jou bang vreesagtig of depresief kan maak nie. Nee.! dit kom deur dit waaraan ek en dink. Dit is jou gedagtes wat jy toelaat om die oorhand te kry oor jou. Nou raak dit so erg, dat dit jou denke begin oorheers. Jy kyk vas teen die omstandighede rodom jou en dit is wat jou op die ou end onderkry. 
Nou is dit tyd om nader aan die die Here te beweeg. Jy moet Sy woord begin lees, studeer en bepeins, dan sal Sy beloftes baie diep in jou hart plek vind. Nou moet ons begin waak en bid. 
Mar 13:33 Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
Begin om jou gees vol te maak van al die kosbare skatte wat die Here vir ons gee en begin dag en nag die woord bedink.
Ps 1:1 Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;  1:2 maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.  1:3 En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.

Ek wil jou versoek om jouself in oorvloed te begin seën, ja jy kan jou self seën. Dit is al die negatiewe gedagtes wat veroorsaak dat jy die sluise van die Hemel toemaak. 
Jes 65:16 sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid;........
Die tyd het aangebreek dat ek myself begin seën met oorvloed gesondheid, oorvloed finansies, oorvloed besigheid alles in oorvloed, sien jy dit al. ? Ja, geliefde, God wil jou seën en daar is geen einde aan Sy goedheid en guns nie. Deur Jesus Christus wil Hy elke behoefte van jou vervul. Hy wil Sy volkome seën oor jou uitstort.
Fil 4:17 Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening.  4:18 Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is, ‘n lieflike geur, ‘n welgevallige offer, welbehaaglik by God.  4:19 En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.  4:20 Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

Geliefde, ek wil hierdie gedeelte afsluit, deur jou te motiveer om jou positiewe gedagtes vas te vang in jou gedagtes sodat ongeloof nie jou gedagtes in vrees en angs sal verander nie. Word gehoorsaam aan die woord van die lewende God wat nog steeds elke oomblik van ons lewens wonderwerke verrig. Begin om jou met die woord van God te vul, lees en bedink dit by elke moonlike geleentheid. 
Fil 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.  4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.  4:9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.

 Stuur vir ons julle gebedsversoeke en bid ook asseblief vir ons bediening en ons finansies. Ons is 'n geloofsbediening en is afhanklik van donasies. As u gelei voel om ons te seën met 'n donasie, sal ons dit baie waardeer en ek seën elkeen wat vir ons ondersteun en bid en ons webblad besoek.

Fil 2:3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.  2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.  2:5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
 
 
--------------------------------------------------------------------------------------------

AS JY KAN GLO......

 
Matt 8:5 En nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ‘n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom  :6 en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne.  :7 Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.  :8 En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.  :9 Want ek is ook ‘n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ‘n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.  :10 Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.  :11 Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.  :12 Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  :13 Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur.

In hierdie gedeelte het ons te doen met onvoorwaardelike geloof. Hierdie man het gehoor dat Jesus wonderwerke doen. Hierdie man het geweet as Jesus in Kapernaum kom, sal Jesus sy kneg kan genees. 
Hoe dikwels beland ons nie ook in omstandighede wat vir ons onmoontlik lyk nie. Moontlik is u baie siek of is u huwelik op die rotse, moontlik is u in 'n baie groot finasieële krisis. Dit lyk moontlik vir u asof daar geen uitweg is nie. 
Hiedie man se kneg was verlam en het groot pyn gehad, tog het hy geweet as Jesus net die woord spreek sal die kneg gesond word. Sy geloof was baie groot, want hy het geweet dat afstand niks is vir Jesus nie. Die wonderwerk sou kon plaasvind al was Jesus nie eers daar om die man aan te raak nie.
U sien ons geloof moet ook so wees. Ons moet glo in die dinge wat nie bestaan asof dit alreeds bestaan. Ons moet dit al sien asof dit reeds plaasgevind het. Ons moet praat asof dit reeds gebeur het. Die woord leer ons tog baie duidelik dat," Lewe en dood lê in die mag van die tong". Soos ons spreek so sal dit wees. Dit wat ons uitspreek sal gebeur. Ek glo nie u besef die geweldige krag wat daar in woorde lê wat met geloof gespreek word nie. 
Kom ons begin glo dat die dinge wat onmoontlik is vir mense, wel moontlik is by God. Begin Hom vertrou en kom ons sê al dankie dat dit alreeds gebeur het. Kom ons wees bly oor die beproewing op ons pad so kan ons geestelik tot volwassenheid groei.


Mark 9:23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.  :24 En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!